Maansverduistering

Die algehele maansverduistering van Junie 2011.

’n Maansverduistering vind plaas wanneer die maan direk agter die Aarde in sy skaduwee inbeweeg. Dit kan net gebeur as die son, Aarde en maan in ’n reguit of byna reguit lyn lê met die Aarde in die middel – dus net met volmaan. Die soort en duur van die verduistering hang af van die maan se ligging in verhouding met sy wentelbaanknoop.

Anders as ’n sonsverduistering, wat net in ’n redelik klein deel van die wêreld gesien kan word, kan ’n maansverduistering gesien word vanaf enige plek aan die nagkant van die Aarde. ’n Maansverduistering duur ’n paar uur, terwyl ’n sonsverduistering net ’n paar minute op enige gegewe plek duur vanweë die kleiner grootte van die maan se skaduwee. ’n Maansverduistering kan ook met die blote oog bekyk word, aangesien dit nooit helderder as ’n gewone volmaan word nie (of eintlik altyd dowwer is).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search